CrimeLocal newsNewsNews

Polisie opsoek na oggetuies in Potch-moordsaak

Richard en sy vriend het buite 'n klub gestaan toe die paar aangeval en beroof is.

Die polisie in Potchefstroom versoek die gemeenskap se hulp om ooggetuies te identifiseer nadat Julian Richard (24) op 28 Junie 2019 vermoor is.

Kolonel Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, sê die polisie is ontbied na ‘n toneel in Nelson Mandela-rylaan, naby die brug op pad na Klerksdorp , waar die lewelose liggaam van Richard met ‘n steekwond aan die linkerkant van sy nek gevind is.

“Hy is op die toneel deur die Nood- en Mediese Reddingsdienste (EMRS) dood verklaar. Daar word beweer dat Richard en sy vriend, ‘n nabygeleë klub besoek het en buite gestaan ​​het toe hulle deur onbekende verdagtes genader is, wat na bewering die vriend van ‘n selfoon beroof het. Julian het probeer ingryp, maar is met ‘n mes gesteek.”

Die polisie versoek enigiemand met inligting wat die ondersoek kan help, om die ondersoekbeampte, adjudant-offisier Lungile Plaaitjie, van die Potchefstroom-speurders te kontak by 082 779 7200 of die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se Misdaadstop-nommer by 08600 10111. Anonieme wenke kan via die MySAPS-toepassing vanaf jou slimfoon gekommunikeer word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button