Local news
Brandstofpryse sak in September
Die prys van diesel het aansienlik gesak, terwyl die prys van petrol minimaal gesak het.
Die departement van minerale hulpbronne en energie het die amptelike brandstofprys vir September bekend gemaak. Potchefstromers kan nou uitsien na aansienlike goedkoper diesel vir die maand van September.
Die prys van 93-oktaan petrol sowel as 95-oktaan petrol gaan met vier sent per liter daal.
Die prys van 0.05%-diesel gaan met 56 sent per liter daal en die prys van 0.005%-diesel met 57 sent per liter.
Die pryse is amptelik vanaf middernag ingestel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



