Local newsNewsNews
Nooddienste haas na brand na ontploffing
’n Ontploffing by ’n chemiese stoor het vanmiddag ’n brand veroorsaak. Alle nooddienste is na die toneel ontbied, en inwoners word gewaarsku om die area te vermy.
‘n Brand het vanmiddag ongeveer 13:45 by Rheinmetall Denel, ontstaan nadat daar glo ‘n ontploffing by ‘n chemiese stoor was.
Alle nooddienste insluitend die munisipale brandweer, Potch se brandberskermingsvereniging, die weermag se brandweer en Working on Fire is na die toneel ontbied om hulp toe te staan.
Alhoewel besonderhede nog min is, kon die Herald bevestig dat niemand in die ontploffing beseer is nie. Inwoners word gemaan om op die uitkyk te wees vir noodvoertuie en om die Carletonville pad tydelik te vermy.
Hierdie is ‘n ontwikkelende storie, hou die Herald se webtuiste dop vir meer inligting.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



