Local newsNewsNews
Student oorlede na voertuig vroeg oggend rol
Die polisie het bevestig die motoris is op die toneel dood verklaar.
‘n Student (19), is in die oggendure van 11 September oorlede nadat sy glo beheer oor haar voertuig verloor het.
Brigadier Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê die polisie in Potchefstroom ondersoek ‘n saak van strafbare manslag nadat ‘n 19-jarige motoris in die vroeë oggendure van 11 September gesterf het.
“Daar word beweer dat die motoris ‘n wit Suzuki Vitara bestuur het toe sy glo beheer verloor het. Die motor het by die kruising van Chief Albert Luthuli- en Beyers Naudé-straat omgeslaan. Die motoris is op die toneel dood verlaar.”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



