25 Jaar na Ikageng man sy meisie vermoor
'n Man van Ikageng is tot lewenslank tronkstraf gevonnis nadat hy sy lewensmaat in Februarie vanjaar doodgesteek het.
‘n 61-jarige man is op 10 Oktober skuldig aand die moord van sy lewensmaat, bevind. Molefi Benjamin Ramohlokoane (61) is tot 25 jaar gevangenisstraf vir die moord op Maria Masego Fumba (36), gevonnis. Die voorval het op 11 Februarie in Ikageng, plaasgevind.
Sivenathi Gunya, kommunikasiebeampte van die Nasionale Vervolgingsgesag, sê Ramohlokoane en Fumba was in ‘n verhouding.
“Op die dag van die voorval was Fumba besig om vir haar 77-jarige buurman te kook toe die beskuldigde die huis in ‘n vlaag van woede en jaloesie binne gekom en haar verskeie kere met twee messe gesteek het. Fumba het aan haar beserings beswyk, wat ‘n noodlottige wond in die bors ingesluit het.”
Die polisie is na die toneel ontbied en ‘n saak van moord is aanhangig gemaak. Ramohlokoane is dieselfde dag in hegtenis geneem en het in aanhouding gebly tot die einde van die verhoor.



