Local newsNewsNews

Nog ‘n verdagte in hof na koffiewinkel moord

'n Derde verdagte in die moord van Ben Gumbi sal sy tweede hofverskyning Vrydag maak.

Zimele Mntuyazi Nkwanyana (37) sal na verwagting op 17 Oktober ‘n tweede verskyning in die Rustenburg-landdroshof maak vir ‘n borgtogaansoek.

Die beskuldigde het aanvanklik op 10 Oktober in die hof verskyn nadat hy 9 Oktober in Port Shepstone, KwaZulu-Natal, in hegtenis geneem is vir die moord op Ben Gumbi wat in Augustus 2023 plaasgevind het.

Nkwanyana se inhegtenisneming het saamgeval met die vonnisoplegging van sy mede beskuldigdes, Sibongiseni Ngubane en Thabani Gwala, wat elk lewenslank vir moord en 15 jaar vir die onwettige besit van vuurwapens gevonnis is. Die twee is in September en November 2023 in die Gauteng-provinsie in hegtenis geneem.

Sivenathi Gunya, kommunikasiebeampte van die Nasionale Vervolgingsgesag, sê Gumbi en sy vrou het op 23 Augustus 2023 by ‘n plaaslike koffiewinkel gestop. Gumbi het binnetoe gegaan om koffie te bestel terwyl sy vrou in die geslote voertuig gebly het. Terwyl hy vir sy bestelling gewag het, het hy buite toe gegaan om ‘n oproep te beantwoord. Oomblikke later het ‘n motor stilgehou, en twee mans het uitgeklim en op Gumbi losgebrand, hom noodlottig gewond voordat hulle van die toneel gevlug het.

Gunya gaan voort om te sê die verdagtes het later die voertuig agtergelaat en na ‘n ander motor oorgeskakel. Polisie-ondersoeke, gehelp deur beeldmateriaal van die koffiewinkel en vingerafdrukke wat op die verlate voertuig gevind is, het gelei tot die inhegtenisneming van Ngubane en Gwala in onderskeidelik September en Desember 2023.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button