Local newsNewsNews

Chubby Chick verdagte verskyn vir die eerste keer in persoon in die hof

Daar is verseker dat Robert Joubert (73) die nodige mediese behandeling in aanhouding sal kry. Die saak is tot 25 Februarie uitgestel.

Robert Joubert (73) het Vrydag, 30 Januarie vir die eerste keer in persoon voor die Potchefstroom-landdroshof vir die dubbele moord op die Fourie-broers verskyn.

Joubert het broos en bleek gelyk. Sy regterarm kan nie gebruik word nie. Hy is vanoggend voor sy hofverskyning uit Potchefstroom Hospitaal ontslaan.

Hester Pretorius, die staatsaanklaer, het tydens die hofverrigtinge aansoek gedoen om die saak na die Streekhof oor te plaas. Die saak is tot 25 Februarie uitgestel.

Joubert se regspan het versoek dat hy die nodige mediese behandeling in aanhouding sal kry, aangesien hy ‘n ernstige besering in sy regter elmboog het. Pretorius het hulle verseker Joubert sal as buite pasiënt by Potchefstroom Hospitaal behandel word en sal die nodige mediese hulp ontvang.

Die noodlottige skietery het 10 November 2025 by die broers se besigheid, Chubby Chick, in Potchindustria plaasgevind. Jonathan Fourie is op die toneel doodgeskiet tydens die aanval, wat omstreeks 10:30 plaasgevind het. Sy broer, Deon, is kritiek gewond nadat hy na bewering twee keer in die nek geskiet is.

Deon is na ‘n hospitaal in Gauteng gehaas vir gespesialiseerde mediese behandeling, maar het ‘n maand later aan sy beserings beswyk. Dié voorval, wat die plaaslike gemeenskap geskok het, word vermoedelik gekoppel aan ‘n eiendomstransaksie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button