VIDEO: Motoris vlieg oor verkeersirkel
Op die beeldmateriaal kan gesien word hoe die motoris regoor die sirkel in Thabo Mbeki-rylaan, met al vier wiele in die lug, beweeg.
‘n Motoris het vanoggend (1 Februarie) omstreeks 03:25 soos ‘n wafferse renjaer spoed gevang in Thabo Mbeki-rylaan in die noorde van Potchefstroom.
Mooirivier Beskerming se kringtelevisiekameras het dié insident vasgevang. Op die beeldmateriaal kan gesien word hoe die motoris regoor die sirkel in Thabo Mbeki-rylaan, aangrensend aan Tarentaalstraat, ry. Al vier wiele van dié motor het van die grond af gelig voordat die motoris die voertuig tot stilstand op die sypaadjie gekry het.
Video: Mooirivier Beskerming
Hierdie ongeluk het net na ‘n reënbui in Potch plaasgevind en die pad was heel moontlik nat en glad ook wat sake bemoeilik het.
Die motoris is volgens ooggetuies ongedeerd na hierdie ongeluk.
Mooirivier Beskerming maan die publiek om ekstra versigtig op die paaie te wees en spoed veral in nat toestande te verminder.



