SportSport

Twee uit drie vir Volkies teen Menlopark in Finsburyliga

Al drie wedstryde tussen Volkies en Menlopark het in 7 paaltjie-oorwinnings geëindig.

Volkies se eerste krieketspan het ‘n oortuigende 7 paaltjie oorwinning (volgens Duckwoth-Lewis) teen Menlopark behaal om momentum in die Finsbury A-liga te behou.

Volkies se boulers was in top vorm die afgelope Saterdag (31 Januarie) en het die besoekers van Pretoria vir slegs 167 uitgeboul. Hier was Zander Nel met 4/20 en Olefa Padi 3/42 uitblinkers vir die tuisspan.

Andries Venter (48 van 60 balle) het ‘n hele paar indrukwekkende dryfhoue gespeel wat Menlopark se boulers laat kopkrap het. AW van der Merwe het bestendige 24 (47) aangeteken voor hy uiteindelik sy paaltjie verloor het. Van der Merwe is twee keer misgevang en kon ook eenkeer uitgehardloop word as die bouler nie die gooi van die grens af misgevang het nie.

Volkies se openingskolwer, AW van der Merwe speel ‘n hou na die bykant. Foto: Wouter Pienaar.
Andries Venter het ‘n paar puik houe in sy beurt van 48 gespeel. Foto: Wouter Pienaar.

Weerlig het die wedstryd vroëer laat stop met die telling op 85/3 na 21 boulbeurte.

Volkies se tweede span het die vorige dag vir Menlo se tweedes ook met 7 paaltjies geklop.

Hier maak Sihle Duma (50* van 76 balle) en Juan van Niekerk (34* van 34 balle) om hul span na ‘n gemaklike oorwinning te neem.

Juan van Niekerk en Sihle Duma van Volkies se tweede krieketspan.

Menlopark is vir 128 uitgeboul met Elzer Behrens (4/39) en Martin Koch (3/24) wat die meeste skade aanrig.

Menlopark se o/15’s kry wel die oorhand teen Volkies se o/15A’s in Pretoria. Volkies is vir 97 in 35 beurte uitgeboul. Menlo slaan die wenlopies in 18 boulbeurte en wen met 7 paaltjies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button