Oumas se teddiebere bring glimlagte vir Woelies se kleuters
Elke jaar slaag Woel en Werskaf daarin om vir elke nuwe juniorkleuter (Graad RRR) ’n unieke, handgebreide beertjie te gee.
Woel en Werskaf Kleuterskool het sedert Februarie 2023 ’n projek waaraan die oumas van die kleuters teddiebere vir die nuwe kleuters brei.
Elke jaar slaag Woel en Werskaf daarin om vir elke nuwe juniorkleuter (Graad RRR) ’n unieke, handgebreide beertjie te gee. Die doel van die projek is om nuwe kleuters by Woelies welkom te laat voel en ook om hulle te troos wanneer daar baie na mamma verlang word.

“Hierdie spesiale projek is ’n pragtige voorbeeld van hoe liefde, tyd en sagte hande ’n groot verskil in klein hartjies kan maak, en wys dat Woelies nie net ’n skool is nie, maar ook ’n plek waar kinders veilig, welkom en geliefd voel,” noem Augusta Retief, hoof van Woel en Werskaf Kleuterskool.

Links Agter: Elandro Jansen van Vuuren, Jozelri Vosser, Hailey Baptista, Shelby Schoen, Zach Vosser
Links Voor: Lihan Scholtz, Willandrie Kurten, Caleb Stewart, Christiné Klopper



