SportSport

Foto’s: Laerskole sit hul beste voete voor by Mooirivier Prestige

Atlete soos Milla Oberholzer (Baillie Park) en Cyril Lawless (Mooirivier) was puik op die baan.

Dit was nie ‘n verrassing dat jong laerskool atlete geskitter het tydens die Mooirivier Prestige Atletiekbyeenkoms nie.

Hierdie byeenkoms het in snikhete toestande die afgelope Saterdag, 31 Januarie vir groot atletiek gesorg.

Atlete van die gasheerskool, Laerskool Mooirivier, sowel as die ander deelnemende skole, het voor ‘n vol pawiloen by die NWU McArthurstadion gesorg dat 9 byeenkomsrekords gebreek word.

Ander deelnemende skole sluit in Laerskool Baillie Park, Potchefstroom Central School, Laerskool President Pretorius, Potchefstroom Primary, Laerskool Lichtenburg en Laerskool Risiville van Vereeniging.

Foto’s: Wouter Pirnaar

Cyril Lawless (Mooirivier) was een van die top atlete tydens hierdie byeenkoms in die seuns o10 70m hekkies waar hy ‘n eerste plek in ‘n tyd van 12.13 sekondes behaal het. Hy het ook in die seuns verspring goud in verspring behaal met ‘n sprong van 4.38 meter.

Owame Moloi (Mooirivier) het ook sy spoed bewys in die seuns o12 100m in ‘n tyd van 13.11 sekondes.

Milla Oberholzer (Baillie Park) het ook vir hoendervleis vertoning in die dogters o13 100m en 200m gesorg met skitterende eerste plekke. In die 100m het Oberholzer in ‘n tyd van 13.12 sekondes gewen. Die 200m was in 26.95 sekondes verower.

Maia Moodie (Laerskool Mooirivier) het ook in die middelafstande koning gekraai met twee goue medaljes in die 800m en 1500m. Die 800m het sy in 2:37.78 voltooi en die 1500m in 5:16.07.

Op die veld het Boikanyo Sekhute (President Pretorius) met ‘n hoogte van 1.68 meter bo sy kompetisies in die seuns o.13 hoogspring getroon. Hy het ook die seuns o13 200m wedloop gewen.

Potchefstroom Primary se Omphile Phiri was ook op sy stukke in seuns o/13 verspring met ‘n eerste plek. Sy sprong van 4.64 meter was genoeg om goud in te palm.

Ruben Botes (Baillie Park) het die seuns o13 diskus met ‘n afstand van 39.52 meter, sowel as die o.13 gewigstoot met ‘n 10.46 meter poging, gewen.

Sien die volledige uitslae hier:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button