Local newsNewsNews

Van ouma tot kleindogter by die NWU

Drie generasies vroue het gekies om die NWU hulle akademiese tuiste te maak.

Vir Carola Nagel van Samuel Broadbent was Saterdag 31 Januarie ’n dag vol vreugde en herinneringe, ’n viering van 60 jaar se studieloopbane binne een gesin. Haar kleindogter, Elzaan Reinecke, het die eerste stap op haar universiteitsreis by die Potchefstroom-kampus van die NWU as eerstejaar geneem.

Carola self het in 1966 as nooi Rust by die destydse PU vir CHO begin studeer. Sy het ’n BA in Duits en Sielkunde voltooi, en in 1996, dertig jaar later, het haar dogter Elsbeth met haar BCom Regte by die Puk begin. Nou, dertig jaar ná haar ma, is dit Elzaan se beurt. Sy gaan LLB studeer en bly in Kasteel-dameskoshuis, dieselfde koshuis waar haar ma ook gewoon het.

Van ouma tot kleindogter by die NWU. Hier is Elsbeth, Elzaan en Carola. Foto: Verskaf.

“Ek voel so geseënd om hierdie oomblik te beleef, om my kleindogter ná 60 jaar by dieselfde plek te sien begin waar ek en my dogter ons studiereise begin het,” sê ’n stralende Carola.

Hierdie hartverwarmende familieverhaal wys hoe drome en akademiese passies van geslag tot geslag kan voortleef, en hoe ’n enkele universiteitskampus ’n spesiale plek in die harte van ’n hele familie kan word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button