Chubby Chick-verdagte verskyn môre weer in hof
Die staat het vroeër aangedui dat die saak na die Streekhof oorgeplaas sal word.
Die 73-jarige Robert Joubert sal môre, Woensdag 25 Februarie, vir die tweede keer in die Potchefstroom-landdroshof verskyn in verband met die dubbele moord op die Fourie-broers.
Joubert het verlede maand vir die eerste keer in persoon in die hof verskyn. Hy het broos en bleek voorgekom en is kort voor sy vorige hofverskyning uit Potchefstroom Hospitaal ontslaan. Sy regterarm is steeds buite werking weens ’n ernstige besering aan sy elmboog.
Die staat het vroeër aangedui dat die saak na die Streekhof oorgeplaas sal word. Die hof het die aangeleentheid tot 25 Februarie uitgestel.
Na verwagting sal die saak môre weer uitgestel word terwyl die ondersoek voortduur en administratiewe prosesse afgehandel word.
Meer besonderhede sal bekend gemaak word sodra die hofverrigtinge afgehandel is.
Lees die vorige artikel hier.



