Local newsNewsNews

Vermiste hondjie ná 22 ure opgespoor

Die eienaar van 'n vermiste hondjie was vreeslik verlig en dankbaar toe sy haar troeteldier na 'n 22 uur-soektog gevind het.

Wat as ’n benoude soektog begin het, het uiteindelik in groot verligting geëindig toe ’n geliefde hondjie ná bykans ’n volle dag se soek weer veilig gevind is.

Bella Bokkie, ’n klein Schnauzer wat vroeër die dag, op Vrydag 13 Maart, in die omgewing van OR Tambo-straat naby die Sasol-garage (Snazzies) en Laerskool M.L. Fick in Potchefstroom vermis geraak het, is later alleen op ’n sypaadjie in Phillipstraat gevind.

Volgens haar eienaar, Janene de Beer, was die ure lange soektog emosioneel uitputtend nadat Bella Bokkie spoorloos verdwyn het.

“Ek en my ma het vir omtrent 22 uur lank deur die strate van Miederpark geloop en soos mal goed na haar geroep,” vertel de Beer.

Die verligting was groot toe hulle haar uiteindelik alleen op die sypaadjie kry.

De Beer sê die ondersteuning van die gemeenskap het ’n groot rol gespeel tydens die soektog.

“Baie dankie vir almal se gebede, die ‘shares’ op sosiale media en vir almal wat saam met ons gesoek het. Mag die Here julle seën en julle diere bewaar,” het sy gesê.

Bella Bokkie is ongedeerd en weer veilig tuis by haar familie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button