Local newsNewsNews

Samewerking agter die stuur van ’n nuwe Chery-motor vir Gimmies

Hierdie sogenaamde “drie-dubbele tou” bring ondersteuners, oud-Gimmies en kultuur- en sportliefhebbers bymekaar met een gemeenskaplike doel voor oë.

Potchefstroom Gimnasium het ’n besondere mylpaal behaal waar die krag van samewerking tussen ondersteunersklubs en die skoolgemeenskap duidelik sigbaar word.

Hierdie samewerking, wat ten doel het om die skool en sy aktiwiteite te versterk, het gelei tot ’n projek wat ’n tasbare verskil vir Gimmies maak.

Die inisiatief spruit uit die samewerking tussen die drie ondersteunersklubs wat saam onder die Potch Gim NPO funksioneer: GSOK (Gimmies Sportondersteunersklub), G-Arte (Kultuurondersteunersklub) en Alumni.

Hierdie sogenaamde “drie-dubbele tou” bring ondersteuners, oud-Gimmies en kultuur- en sportliefhebbers bymekaar met een gemeenskaplike doel voor oë – om Potchefstroom Gimnasium te ondersteun en verder te laat groei. GSOK het ’n leidende rol in die onderhandelinge met Eastvaal Chery Potchefstroom gespeel, wat uiteindelik gelei het tot ’n ooreenkoms waardeur ’n Chery Tiggo 4 Cross HEV Comfort aan die skool beskikbaar gestel is vir gebruik tydens sportaktiwiteite.

Gimmies nuwe motor
Mnr. Martin Marx (Adjunkhoof en internasionale erkende hoogspringafrigter), Mnr. Xavier Palmer (Voorsitter van GSOK), Me. Soekie Coertzen (Direkteur van Potch Gim NPO) en Mnr. Andries Greeff (Adjunkhoof en Sporthoof) – rolspelers in die suksesvolle Potch Gim NPO projek.

Die voertuig sal tussen die adjunkhoofde roteer en sodoende die logistiek rondom sportaangeleenthede vergemaklik. Hierdie projek is ’n treffende voorbeeld van hoe vennootskappe tussen ondersteuners, besighede en die skool praktiese voordele kan hê. Dit bevestig ook die belangrike rol wat die Potch Gim NPO speel om samewerking tussen die verskillende ondersteunersgroepe te koördineer en projekte tot voordeel van die skool te ontwikkel.

Die Potch Gim NPO word deur mnr. Cobus van Graan gekoördineer. Die direkteure van die organisasie is Van Graan, me. Soekie Coertzen, mnr. Pieter Marais en mnr. Johan Schabort. Saam dien hulle as mentors vir die onderskeie ondersteunersklubs en help om samewerking en volhoubare groei binne die organisasie te bevorder. Die voorsitters van die drie ondersteunersklubs is mnr. Xavier Palmer (GSOK), mnr. Pieter Marais (G-Arte) en mnr. Johan Schabort (Alumni).

Hierdie struktuur verseker dat die onderskeie klubs gefokus kan werk, terwyl hulle steeds in noue samewerking met mekaar en met die Potch Gim NPO funksioneer tot voordeel van die skool. Potchefstroom Gimnasium spreek sy opregte dank uit aan mnr. Ferdie Coetzee, bestuurder van Eastvaal Chery Potchefstroom, vir sy betrokkenheid en ondersteuning. Die skool erken ook me.

Coertzen, een van die stigterslede van GSOK, vir haar rol as dryfkrag agter die organisasie. Die skool sien met groot opgewondenheid uit na voortgesette samewerking tussen die Beheerliggaam, die skoolbestuur en die Potch Gim NPO – ’n vennootskap wat daarop gemik is om Gimmies se sport, kultuur en gemeenskapsbetrokkenheid verder te versterk.

Belangstellendes, wat by een van die ondersteunersklubs betrokke wil raak, kan die webwerf www.potchgim.co.za besoek of ’n e-pos na almade@gimmies.co.za stuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button