Local newsNewsNews

Aand van dankbaarheid by Huis Hebron Potchefstroom

Donateurs het aangesit vir 'n smaaklike ete en lekker kuier.

Die spesiale aand van dankbaarheid wat onlangs by Huis Hebron, sowat 15 km buite Potchefstroom, aangebied is, was ’n reuse sukses en ’n ware viering van hoop, omgee en gemeenskap.

Spesiale gaste het lekke om die tafel gekuier. Foto: Verskaf.

Ondersteuners en vriende van Hebron het op 20 Maart byeengekom om die organisasie se werk te vier en erkenning te gee aan die verskil wat volgehoue ondersteuning van donateurs in die lewens van inwoners maak. Die atmosfeer was warm en opreg, met die fokus op dankbaarheid vir elke bydrae wat help om lewens te verander. Ongeveer 68 mense het die funksie bygewoon.

Pragtig dekor vir spesiale gaste. Foto: Tania Coetzee.

Huis Hebron, bekend as ’n plek waar gebroke mense weer heel word, bied ’n veilige hawe vir individue wat sukkel om weer op hul voete te kom. Mense uit alle vlakke van die samelewing vind hier ’n tweede kans.

Ouma Gretha le Roux. Foto: Verskaf

Die organisasie is deur Ouma Gretha le Roux gestig toe sy reeds 60 jaar oud was, ’n bewys van haar diep roeping om ander te dien. Haar nalatenskap leef vandag voort in elke lewe wat aangeraak word.

Lekker drinkgoed was beskikbaar voor die tyd. Foto: Tania Coetzee

“Ons neem mense in wat sukkel om weer op hul voete te kom. Sommige van hulle het ligte oortredings en ander het grade. Ons het mense hier uit alle vlakke van die lewe,” het Le Roux gesê.

Gaste geniet ‘n smaaklike ete. Foto: Verskaf.

Die sukses van die aand het weereens bevestig hoe kragtig samewerking en deernis kan wees, en hoe ’n gemeenskap saam kan staan om hoop te bring waar dit die nodigste is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button