Local newsNewsNews

VIDEO: ‘n Aand vol aksie saam met ‘n sekuriteitsmaatskappy

Op 21 Maart het die Herald die geleentheid gehad om saam met CB Security se reaksiespan die nag in te vaar.

Terwyl die meeste Potchefstromers saans hul koppe neerlê, ontvou daar ’n heel ander wêreld in die donker, een waarvan min mense ooit bewus is. ’n Wêreld van sirenes, radio-oproepe, nat strate en vinnige reaksies. Dis juis hierdie onsigbare werklikheid wat die Potchefstroom Herald nou in ’n nuwe reeks belig. Die stories van ons plaaslike helde, dié wat elke nag opstaan sodat ander in rus kan slaap.

Op 21 Maart het die Herald die geleentheid gehad om saam met CB Security se reaksiespan die nag in te vaar. Wat eerste opval, is nie die wapens of voertuie nie, maar die ingesteldheid. ’n Span wat met doelgerigtheid en trots aanmeld vir diens. Geen lang gesigte nie, net mense wat gereed is om hul deel te doen.

Volgens Hendri Locke, ’n senior reaksiebeampte by CB Security, lê die hart van hul werk in diens aan die gemeenskap.

“Ons werk nie net om ’n inkomste te verdien nie. Ons werk omdat ons weet iemand reken op ons, iemand slaap rustiger omdat ons daar buite is,” sê hy.

Kyk na die video hier:

Lees die volledige berig in die gedrukte weergawe van 26 Maart se Potchefstroom Herald.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button