Local newsNewsNews

VIDEO: Motor staan al jaar ná skade by swak gemerkte spoedhobbel

Die voertuig staan tans steeds by Volkswagen waar dit volgens Bronny reeds langer as ’n jaar stof opgaar.

’n Volkswagen Polo staan al langer as ’n jaar buite aksie nadat dit glo deur ’n onduidelik gemerkte spoedhobbel oorkant Black Lounge beskadig is. Die voorval het op 18 April 2025 kort ná 15:00 plaasgevind.

Volgens die eienaar, Bronny Magasie, was die spoedhobbel op daardie stadium nie geverf nie en was daar geen waarskuwingstekens om motoriste te waarsku nie. Hy beweer verder dat nog drie tot vier voertuie in dieselfde tydperk op dieselfde plek beskadig is.

Ná die voorval is die voertuig na sy woning gesleep, waarna Bronny die stadsraad genader het. Hy sê die raad het hom aangeraai om die voertuig na Volkswagen te neem vir ’n kwotasie.

Die aanvanklike kwotasie, wat as “subject to view” aangedui is, het herstelwerk aan onder meer die opvangbak en ’n wiel ingesluit. Die stadsraad het dié koste betaal. Verdere ondersoeke tydens die herstelproses het egter aan die lig gebring dat die voertuig ernstige interne skade opgedoen het en dat ’n nuwe enjin benodig word. Die koste om die enjin te vervang is op sowat R480 000 beraam.

Volgens Bronny weier die stadsraad egter om vir enige verdere skade aanspreeklikheid te aanvaar.

“Hulle het net ’n gedeelte betaal, maar nou wil niemand verder verantwoordelikheid vat nie,” het hy gesê.

Die voertuig staan tans steeds by Volkswagen waar dit volgens Bronny reeds langer as ’n jaar stof opgaar. Hy voer aan dat die saak glo deur die munisipale bestuurder hersien moet word, maar dat hy tot dusver onsuksesvol was om ’n afspraak te reël.

Navrae is aan die munisipaliteit gerig, maar teen druktyd is geen terugvoer ontvang nie

Kyk na die video hier:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button