Local newsNewsNews

Vrou deur twee pit bulls aangeval

Sy het verskeie bytmerke oor haar liggaam en ander ernstige beserings opgedoen.

’n Vrou is Saterdagaand, 28 Maart omstreeks 22:00 deur twee pit bulls op die hoek van Kock- en Smitstraat in Potchefstroom Sentraal aangeval.

Volgens inligting het die honde glo uit die erf in Smitstraat ontsnap voordat hulle die vrou aangeval het. Die eienaar van die honde het haar na Potchefstroom Hospitaal vir mediese behandeling geneem.

Joshua McGriffin vertel sy vrou gaan saans kos maak vir haar ouers, wat by Uitkoms woon, en stap gewoonlik teen 19:00 terug huis toe.

“Saterdagaand het ek by ’n vriend gekuier en haar gevra om eerder vir my te wag sodat ek haar kon oplaai. Ongelukkig het ek te lank gevat en sy het net voor 22:00 besluit om eerder huis toe te stap,” het hy gesê.

Volgens ooggetuies het mense gesien hoe die honde haar aanval. Hulle het ingegryp, die honde weggejaag en haar bygestaan totdat sy na die hospitaal geneem is.

McGriffin sê hy het ’n oproep ontvang en onmiddellik hospitaal toe gehaas. Nadat hy sy vrou gesien het, het hy en ’n vriend, Theuns Britz, die polisie gekontak om ’n saak te probeer open.

“Die polisie was nie veel van hulp nie. Hulle wou nie ’n saak maak nie en het gesê ons moet eers wag vir die J88-vorm. Ons is saam met hulle na die huis waar die honde vandaan gekom het, maar daar is ook min gedoen,” het hy beweer.

Die vrou is tans steeds in die hospitaal waar sy wag vir ’n chirurgiese prosedure. Sy het verskeie bytmerke oor haar liggaam en ander ernstige beserings opgedoen. Een van haar arms is op drie plekke gebreek.

Kolonel Anne Magakoe, polisiewoordvoerder in die Noordwes, het aan Herald bevestig dat geen saak tot dusver by die polisie aanhangig gemaak is nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button