SportSport

Luiperds behaal eerste oorwinning in die SA Beker

Die Luiperds het die Grens Bulhonde met 31-14 in die SA Beker geklop om hul ondersteuners met 'n glimlag huistoe te stuur.

Die Luiperds het vanmiddag (Saterdag, 28 Maart) vir Grens met 31-14 op Olënpark geklop.

Die Luiperds kon danksy ‘n driekuns van drieë van regtervleuel, Sino Tshontyi, en ‘n beter algehele tweede helfte vertoning, die wen inpalm.

Foto’s: Wouter Pienaar

Die veld was deurentyd nat met albei spanne wat nie tweede rat in die eerste helfte kon kry nie. Die halftydtelling was 14-14 met Grens wat die meeste balbesit en gebiedsvoordeel geniet het.

Na rustyd het die Luiperds danksy ‘n drie vanaf ‘n rolmaalbeweging die voortou geneem toe kaptein en haker, Jason Alexander, oor is.

Buiten Tshontyi was die Luiperds se buitesenter, Zac Bester, ook uitstekend met kragtige lopies. Jandré Burger het vier doelskoppe met sy linkervoet oorgesit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button