Local newsNewsNews

Poppekas leer jongspan oor dimensie

Die gebruik van tradisionele poppe en eenvoudige storievertelling het gehelp om ’n komplekse onderwerp op te breek in iets wat kinders kon verstaan en waarmee hulle kon identifiseer.

ADASA (Association for Dementia and Alzheimer’s of South Africa) Noordwes het onlangs die geleentheid gehad om ’n poppekasvertoning vir leerders van Laerskool Mooirivier aan te bied.

Die fokus was op die bewusmaking van demensie en dit was ’n betekenisvolle en lonende ervaring. Die gebruik van tradisionele poppe en eenvoudige storievertelling het gehelp om ’n komplekse onderwerp op te breek in iets wat kinders kon verstaan en waarmee hulle kon identifiseer.

Die kinders van Laerskool Mooirivier het die poppekas vertoning geniet en baie geleer. Foto: Verskaf

Die storie is geskryf om vriendelikheid, geduld en empatie te toon teenoor iemand wat geheueverlies ervaar, wat sterk by die leerders aanklank gevind het. Hulle betrokkenheid deur die vertoning, lag, vrae vra en op die karakters reageer, het gewys dat die boodskap op ’n ouderdomsgepaste en impakvolle manier oorgedra is.

Na die vertoning is die abstrakte konsep van die brein geïllustreer met ’n boks met klein boksies binne-in om die verskillende dele van die brein en hul funksies te demonstreer. Die leerders het ook ’n kaartjie ontvang om in te kleur en aan hul grootouers te gee, en ADASA se kontakbesonderhede is vertoon. Oor die algemeen het die poppekasvertoning bewys dat dit ’n effektiewe opvoedkundige hulpmiddel is wat vermaak met ’n belangrike lewensles kombineer oor empatie, respek en omgee vir ander in ons gemeenskappe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button