Local newsNewsNews

Hoër Volkskool blink op verskeie terreine

Daar was in die afgelope paar weke interessante gebeure by Volkies met leerders wat in verskeie passies uitblink.

Hoër Volkskool het die afgelope week weer gewys waarom hul leerders en gemeenskap so besonders is. Van entrepreneurskap en sportmanskap tot waardevolle vennootskappe wat ’n verskil maak.

Jong entrepreneur mik hoog in nasionale kompetisie

Andrew van Rensburg is genooi om verder deel te neem aan die gesogte Maak My ’n Miljoenêr-kompetisie en doen sy aanbieding op 18 April in Centurion.

Die kompetisie het ’n tweeledige doel, om entrepreneurskap onder die jeug te bevorder en nuwe entrepreneurs te inspireer, terwyl dit ook bemagtiging en mentorskap bied aan reeds aktiewe hoërskool-entrepreneurs.

Met hierdie geleentheid wys Andrew dat hy nie net drome het nie, maar ook die dryfkrag om dit te verwesenlik. Hoër Volkskool staan bankvas agter hom en is ongelooflik trots op sy prestasie.

Andrew van Rensburg

’n Fees van spoed en geesdrif

Volkies het op 26 Maart behoorlik ratte verwissel met ’n opwindende kaskardag wat die adrenalien laat pomp het. Kaskardag 2026 was ’n ware fees van spoed en geesdrif, waar leerders en ondersteuners saamgekom het om die aksie te geniet.

Van kreatiewe kaskar-ontwerpe tot spannende wedrenne, het die dag nie teleurgestel nie. Daar was ’n tasbare energie op die terrein en elke deelnemer het hul beste gegee om die eindstreep te haal.

Volkies tydens die kaskar-resies.

Skaakspan wys staal in NWU-finaal

Hoër Volkskool se skaakspan het by Hoërskool Bergsig kragte gemeet tydens die NWU-finaal en hul beste gegee teen sterk kompetisie.

Elke speler het sy merk gelaat en die span het met trots en deursettingsvermoë opgetree. Julle het die Volkie-naam hoog gehou en bewys dat strategie en fokus net so belangrik soos enige ander sport is.

Volkies tydens die skaakwedstryd
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button