Local newsNewsNews

AfriForum Jeug stuur brief aan Munisipale Bestuurder rondom slaggate

Nes meeste Potchefstromers is lede van AfriForum Jeug se PUK-tak ook moeg vir slaggate.

Die PUK-tak van AfriForum Jeug het vandeesweek hul GATVOL-veldtog met protes op die Bult begin.

‘n Groepie studente van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus, wat lede van die tak is, het plakkate met boodskappe aangebring om die swak toestand van paaie rondom kampus te beklemtoon.

AfriForum Jeug-lede het met ‘n strategiese “gatvol”-boodskap op hul boude die aandag na die gate getrek. Hul het ook kreatiewe plakkate aangebring soos “Padwaardig? – (Pad)teties”

Daar is ‘n groot reeks slaggate op die Bult waarteen die studente protes gelewe het. Foto: Verskaf

As deel van die protes en groter veldtog het die tak ‘n brief aan Kgomotso Kumbe, die munisipale bestuurder van die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit gestuur om tien hoërisiko-slaggate te herstel.

Dit sluit in slaggate in Hoffman, Meyer, Esselen, Steve Biko-laan en Chief Albert Luthuli-laan.

Volgens Janke Crots, AfriForum Jeug Puk-tak jeugleier, is dui die slaggate op ’n ernstige tekort aan effektiewe infrastruktuurinstandhouding. Sy het ook genoem dat daar nog op datum geen terugvoer van die munisipaliteit op hul brief was nie.

Volgens AfriForum Jeug se persverklaring dien hierdie petisie as ’n formele oproep tot aanspreeklikheid van die JB Marks Munisipaliteit om alle hoërisikoslaggate in die area binne 30 dae te herstel, met ’n deurlopende instandhoudingsplan in plek om toekomstige verval te voorkom en padveiligheid volhoubaar te verseker.

Teen druktyd het die JB Marks Munisiplaiteit nog nie terugvoer verskaf nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button