Volkies se eerste netbalspan speel vanjaar puik netbal en het ‘n welverdiende plek in die NWU Prestigereeks-eindstryd behaal met ‘n 30-18 sege teen Hoërskool Zwartkop.
Volkies sal nou in die eindstryd op 1 Mei teen Marais Viljoen van Alberton speel om te bepaal wie met goud gaan wegstap.
Volkies speel vanjaar goeie netbal en het alreeds in die Noordwesliga teen Lichtenburg geskitter toe hul ‘n 40-10 oorwinning behaal het.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



