Local newsNewsNews

Slaggat ‘n bron van kommer in Sol Plaatjiestraat

Hierdie gat hou die risiko in om moontlik in ‘n sinkgat te ontwikkel, veral met die hoeveelheid reënwater wat daarin inspoel.

‘n Slaggat in Sol Plaatjiestraat 151 stel ‘n gevaar vir padgebruikers en inwoners wat al ‘n klomp maande die gat moet probeer vermy.

Hierdie gat hou die risiko in om moontlik in ‘n sinkgat te ontwikkel, veral met die hoeveelheid reënwater wat daarin inspoel.

DA wyk 5 raadslid, Heinricha Hodgson, saam met Leon Joubert, ‘n inwoner van Sol Plaatjiestraat by die gevaarlike gat. Hierdie gat is net buite Joubert se erf. Foto: Wouter Pienaar

Met die Potchefstroom Herald se besoek aan die toneel het een van die inwoners van die straat, Leon Joubert, met ‘n stok die diepte van die gat geïllustreer. Die teer het ook reeds so verbrokkel dat swaar druk maklik ‘n groter gat kan veroorsaak.

Met die Herald se besoek aan die gat op Donderdag, 23 April, is daar ‘n groot klop in die gat geplaas. Foto: Wouter Pienaar
Die slaggat in hierdie straat. Foto: Verskaf.

“Ek het hierdie gat al telkemale gerapporteer, maar die munisipaliteit kom nie om dit te herstel nie. Daar word genoem dat die spanne sal eers kom as die reën ophou,” vertel Joubert.

Heinricha Hodgson, DA-wyk 5-raadslid, sê die straat is ook baie nou, wat dit moeilik maak vir motoriste om die gat te vermy.

“Dit is baie gevaarlik en motoriste kan groot skade ly, veral in die aand wanneer die straatligte nie werk nie,” het sy verder gesê.

Die Potchefstroom Herald het die JB Marks Munisipaliteit op Donderdag, 23 April om kommentaar genader, maar het nog nie terugvoer ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button