Local newsNewsNews

Potchefstroom-gimnas skitter op Afrika-verhoog

As deel van die Suid-Afrikaanse junior span het Haylee en haar spanmaats boonop ’n silwermedalje in die spanitem gewen.

Die talentvolle ritmiese gimnas, Haylee de Jager (14), het onlangs haar merk op die Afrika-verhoog gemaak toe sy Suid-Afrika met trots verteenwoordig het tydens die 2026 Afrika Ritmiese Gimnastiek Kampioenskappe in Tshwane.

Die kampioenskappe, wat van 30 April tot 3 Mei plaasgevind het, het deelnemers van 11 Afrika-lande gelok. In Haylee se afdeling het altesaam 24 gimnaste meegeding, maar dié Potchefstroomse gimnas het gewys sy hoort tussen die bestes.

Haylee het algeheel ’n indrukwekkende negende plek behaal en veral uitgeblink in haar clubs-roetine waar sy ’n puik vyfde plek losgeslaan het. Haar sterk vertoning het haar ook ’n plek in die apparatus-finaal besorg.

As deel van die Suid-Afrikaanse junior span het Haylee en haar spanmaats boonop ’n silwermedalje in die spanitem gewen, ’n prestasie wat nie net haar talent beklemtoon nie, maar ook die harde werk en ure se toewyding agter die skerms.

Met haar deursettingsvermoë en passie vir die sport het Haylee nie net haar klub trots gemaak nie, maar ook haar gemeenskap en Suid-Afrika.

Haylee met haar medalje. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button