Local newsNews

DA in Wyk 7 pak Potch se slaggate self aan

Die projek vorm deel van die party se “slaggatmaand”-inisiatief.

Die DA het dié naweek self moue opgerol en begin om slaggate in Goud- en Esselenstraat in Potchefstroom te herstel nadat inwoners glo al vir maande oor die toestand van die paaie kla.

André Klopper merk een van die slaggate wat herstel moet word

Volgens André Klopper, DA-wyksraadslid vir Wyk 7, vorm die projek deel van die party se sogenaamde “slaggatmaand”-inisiatief. Hy sê slaggate word herhaaldelik by die munisipaliteit aangemeld, maar daar gebeur volgens hom min tot niks.

Groot, diep slaggate wat nou herstel is

“Karre swaai uit vir die slaggate. Daar loop honderde studente te voet in hierdie gebied. Negentig persent van Potchefstroom se studente loop. Wat gebeur as ’n motor vir ’n slaggat uitswaai en ’n student tref?” vra Klopper.

André Klopper, DA-wyksraadslid vir Wyk 7 help om slaggate te vul.

Hy sê die projek kon afskop danksy hulp van Build it, wat die DA toegelaat het om fondse in te samel om die herstelwerk moontlik te maak.

Die groep beplan om die komende naweek voort te gaan met herstelwerk, met Silverstraat volgende op die lys.

Potchefstroom Herald het navraag aan die plaaslike munisipaliteit gerig, maar teen publikasietyd nog geen terugvoer ontvang nie.

Die span is hard aan die werk

Kyk na die video hier:

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button