Local newsNews

DA in Wyk 7 pak Potch se slaggate self aan

Die projek vorm deel van die party se “slaggatmaand”-inisiatief.

Die DA het dié naweek self moue opgerol en begin om slaggate in Goud- en Esselenstraat in Potchefstroom te herstel nadat inwoners glo al vir maande oor die toestand van die paaie kla.

André Klopper merk een van die slaggate wat herstel moet word

Volgens André Klopper, DA-wyksraadslid vir Wyk 7, vorm die projek deel van die party se sogenaamde “slaggatmaand”-inisiatief. Hy sê slaggate word herhaaldelik by die munisipaliteit aangemeld, maar daar gebeur volgens hom min tot niks.

Groot, diep slaggate wat nou herstel is

“Karre swaai uit vir die slaggate. Daar loop honderde studente te voet in hierdie gebied. Negentig persent van Potchefstroom se studente loop. Wat gebeur as ’n motor vir ’n slaggat uitswaai en ’n student tref?” vra Klopper.

André Klopper, DA-wyksraadslid vir Wyk 7 help om slaggate te vul.

Hy sê die projek kon afskop danksy hulp van Build it, wat die DA toegelaat het om fondse in te samel om die herstelwerk moontlik te maak.

Die groep beplan om die komende naweek voort te gaan met herstelwerk, met Silverstraat volgende op die lys.

Potchefstroom Herald het navraag aan die plaaslike munisipaliteit gerig, maar teen publikasietyd nog geen terugvoer ontvang nie.

Die span is hard aan die werk

Kyk na die video hier:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button