Local newsNews

Ikoniese kunstenaar by Rooy Food Market die naweek

Dié mark wat op Sondag, 31 Mei tussen 10:00 en 15:00 by die Van Rooyensaal in Piet Bosmanstraat plaasvind is gratis om by te woon.

Die immer gewilde Rooy Food Market, sal weer komende naweek aangebied word en hierdie naweek sal Helena Hettema & gaskunstenaar – Meyers Olivier in kabaret optree.

Kom luister, op ’n gemaklike bank, na Helena Hettema, een van die land se mees geliefde kunstenaars.

Aktrise, Sangeres en Liedjieskrywer van Sonkring-faam. Sy sing in Afrikaans, Frans, Italiaans, Nederlands en ja, Vlaams.

Dié mark wat op Sondag, 31 Mei tussen 10:00 en 15:00 by die Van Rooyensaal in Piet Bosmanstraat plaasvind is gratis om by te woon. Selfs jou troeteldiere kan jou na die mark vergesel.

Daar is iets van alles vir almal om te doen. Die gewilde “Car Boot” verkoping is weer daar terwyl daar die nuwe Super Crush Cherry Ale “on tap”beskikbaar gaan wees vir die mammas.

Vir die klein span sal daar ‘n verskeidenheid vermaak wees, van ponieritte na die groot ‘bubble house’ vol balonne waar hulle kan speel.

Vir iets te eet is daar om van te kies en keur van vars kruie en speserye na, nageregte, burgers, jaffels en Indiese kookkuns deur Sumi’s kitchen.

Soek jy na Sondagmiddagete, dan is daar ook Maleise lamskerrie en beesstert met sampmielies of groente. Verskeie tuisgemaakte souse en konfyte is ook altyd beskikbaar.

Lus vir iets vinnig kom loer in en kry vir jou ‘n mini olie-bol, geurige koffie, traditionele pannekoek, outydse lewerkoekie of lekker bazaar poeding.

Al is jy nie honger nie is daar onder andere model karretjies, houtmodelle en kralewerk, ‘n verskeidenheid klere en vetplante te koop.

Skakel Tania by 079 9182092 vir enige navrae oor stalletjies of per e pos : hullabaloo.decorhire@gmail.com

Bly ingelig met die nuutste en en besoek die mark se Facebook blad – Rooy Food Market

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button