Local newsNewsNews

Beroep op gemeenskap ná geliefde hond ernstig beseer is

Lily is vermoedelik deur 'n voertuig gestamp of dalk getrap. Albei haar bekkenbene is af en sy moet dringend 'n operasie ondergaan.

Wat as ‘n vermiste troeteldier-saak begin het, het vir ‘n Potchefstroom gesin in hartseer verander nadat hul geliefde hond, Lily, byna ‘n week nadat sy verdwyn het, ernstig beseer gevind is.

Volgens die eienaar, Janita de Kock, het Lily op Saterdag, 23 Mei uit ‘n erf geglip waar vriende na haar sou omsien.

“Lily was by vriende wat na haar sou kyk toe sy die aand uitgeglip het. Almal het na haar gesoek, maar ons kon haar nêrens kry nie. Ons het ook op Facebook en WhatsApp-groepe hulp gevra om haar op te spoor,” het de Kock gesê.

Die soektog het byna ‘n week geduur voordat daar uiteindelik goeie nuus gekom het.

“Vrydag, 29 Mei, het PAWS Haven ons laat weet dat Lily daar is. Ons was baie bly en verlig toe ons die oproep kry, maar toe ons daar aankom, het ons die slegte nuus ontvang,” het sy vertel.

Volgens de Kock het Lily ernstige beserings opgedoen en is haar bekken (pelvis) gebreek.

“Lily is vermoedelik deur ‘n voertuig gestamp of dalk getrap. Albei haar bekkenbene is af en sy moet dringend ‘n operasie ondergaan. Die operasie gaan ongeveer R15 000 kos en ons het eenvoudig nie die geld om dit te betaal nie,” het sy gesê.

De Kock doen nou ‘n beroep op die gemeenskap om te help sodat Lily die nodige mediese behandeling kan ontvang.

“Ons vra nederig of daar mense is wat kan help. Enige bydrae, hoe klein ook al, sal waardeer word. Donasies kan direk by PAWS Haven gemaak word waar die operasie sal plaasvind. Mense kan net aandui dat die donasie vir Lily is,” het sy gesê.

Persone wat ‘n bydrae wil maak of meer inligting benodig, kan PAWS Haven kontak by 063 181 3524.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button