Local newsNewsNews

 Potchefstromer stap met splinternuwe motor weg ná SPAR-kompetisie

Klante moes deelnemende produkte aankoop en hul SPAR Rewards-kaart gebruik om outomaties vir die trekking in aanmerking te kom.

’n Potchefstromer se lewe het onlangs drasties verander toe sy as een van net 50 gelukkige wenners landwyd aangewys is in SPAR se 2026 “Win A Car”-kompetisie.

Chantell Herbt het Vrydag, 29 Mei, die sleutels van haar splinternuwe Hyundai Exter ontvang nadat sy die voertuig deur Baillie Park SPAR gewen het.

Die kompetisie, wat van 23 Maart tot 10 Mei vanjaar aangebied is, was SPAR se grootste promosie-weggeeprojek vir 2026. Klante moes deelnemende produkte aankoop en hul SPAR Rewards-kaart gebruik om outomaties vir die trekking in aanmerking te kom. Die kompetisie was by meer as 2 500 SPAR-geaffilieerde winkels regoor die land beskikbaar.

’n Opgewonde Chantell vertel dat die nuus nog nie heeltemal ingesink het nie.

“Ek is vreeslik opgewonde. Dit voel nog nie soos ’n werklikheid nie,” sê sy.

Volgens Chantell het sy bloot ’n bottel mayonnaise gekoop wat deel van die promosie was en so haar inskrywing verdien.

Richard de Abreu, eienaar van Baillie Park SPAR, sê hy is verheug dat een van hul lojale klante as wenner aangewys is.

“Ons is baie bly dat iemand die voertuig by ons tak gewen het. Dit is altyd wonderlik om te sien hoe sulke kompetisies ’n positiewe verskil in iemand se lewe maak,” sê de Abreu.

Hy het Chantell ook gelukgewens met haar groot prys en haar veilige en gelukkige kilometers met haar nuwe voertuig toegewens.

Vir Chantell is die nuwe motor meer as net ’n prys, dit is ’n onverwagse seëning wat begin het met iets so eenvoudig soos ’n bottel mayonnaise en ’n bietjie geluk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button