Local newsNews

Emmies vier trots hul sportgees en jong talent

Met 'n nuwe vlag wat trots wapper, jong rugbyspelers wat hul beste gee en toekomstige netbalsterre wat hul talente slyp, bly die Emmies bewys dat trots, deelname en geleenthede vir elke leerder deel vorm van die ware Emmie-manier.

Laerskool M.L. Fick se leerders het die afgelope week op verskeie terreine gewys waarom die skool met trots bekendstaan as die tuiste van die Emmie-manier.

Nuwe skoolvlag

Op 4 Junie het die skool nie net die verjaardag van mnr. Heyns gevier nie, maar ook ‘n besonderse mylpaal beleef toe die nuwe skoolvlag vir die eerste keer gehys is. Die vlag dien as ‘n simbool van die trots, waardes en getrouheid waarvoor die skool bekend is.

Die skool het sy opregte dank uitgespreek teenoor Signarama vir die skenking van die pragtige nuwe vlag wat nou trots op die skoolterrein wapper.

Welpie rugby

Laas naweek het die Emmies se jong rugbyspelers ook hul merk gemaak. Die O/6- en O/7-Welpie-rugbyspanne het tydens wedstryde by La Hoff uitstekende sportmangees en deursettingsvermoë getoon. Die jong spelers het behoorlik staal gewys en hul skool met trots verteenwoordig.

Die skool het spelers, afrigters en ouers bedank vir hul entoesiasme, toewyding en volgehoue ondersteuning wat bydra tot die ontwikkeling van die jong sportsterre.

Mini-netbal

Netbal was ook in die kollig toe Laerskool M.L. Fick onlangs Potchefstroom se toekomstige netbalsterre vir ‘n mini-netbaldag verwelkom het. Die dag het aan jong spelers die geleentheid gebied om hul vaardighede te ontwikkel, nuwe vriende te maak en hul liefde vir die sport verder uit te leef.

Die skool het sy waardering uitgespreek teenoor die organiseerders en afrigters wat hul tyd en energie belê om die jong dogters te ontwikkel en te inspireer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button