Gimmies se o17A netbalspan het na ‘n naelbystryd teen Grenville High die Noordwestitel met ‘n 19-17 oorwinning behaal.
Gimmies moet vyf wedstryde in ‘n ry wen om hierdie title tydens die Noordwesdag op 6 Junie by Hoerskool Wesvalia te verower.

Martiné Jordaan se span het vir Volkies met 15-8 in die kwartfinaal geklop voor hul vir KHS met 12-9 in die halfeindstryd gewen het.
Gimmies se o19A-span is Noordwes naaswenners en kwalifiseer sodoende ook die SA kampioenskappe. Hul het ‘n uitstekende toernooi beleef en het oortuigende oorwinnings onder die afrigting van Sunet de Klerk behaal voordat hul in die eindstryd teen RHS met 23-26 verloor het.

Volkies se eerste netbalspan, onder die afrigting van Larissa Otto, behaal die derde plek in die o19A-kategorie en kwalifiseer sodoende ook vir die SA’s met ‘n top 3 plek in Noordwes.
Gimmies o17A – Noordwes-kampioene
- Wen 22-2 teen Keurhof
- Wen 15-4 teen Kabelo Mashi
- Kwartfinaal: Wen 15-8 teen Volkies
- Halfeindstryd: Wen 12-9 teen KHS
- Finaal: Wen 19-17 teen Grenville
Gimmies o19A – Noordwes-naaswenners
- Wen 42-5 teen Fumane
- Wen 50-5 teen Matlhaleng
- Kwartfinaal: Wen 33-14 teen Bergsig
- Halfeindstryd: Wen 29-15 teen Wesvalia
- Finaal: Verloor 23-26 teen Rustenburg



