Local newsNewsNews

Ferdie se kreatiwiteit is grensloos

Die 15-jarige Cindy van Deventer is alreeds ‘n gekwalifiseerde tatoeëerkunstenaar wat ook met haar talente in beeldende kuns woeker.

Vir die 15-jarige Cindy van Deventer het haar kunstige aard alreeds op die voorgrond getree toe sy vier jaar oud was en op haar pa se ou motor begin teken het.

Nou 11 jaar later is Cindy een van Hoërskool Ferdinand Postma se talentvolste jong kunstenaars, Hierdie Graad 10-leerder het ‘n buitengewone talent en passie vir kuns.

Sy is alreeds ‘n gekwalifiseerde tatoeëerkunstenaar – ‘n bewys dat kuns en kreatiwiteit geen beperkings het nie. Met haar tatoeëer-en kunsstudio streef sy daarna om ander te inspireer, op te lei en te help om hul eie kreatiewe potensiaal te ontdek.

Cindy van Deventer, ‘n 15-jarige leerder van Ferdies verstom met haar unieke kunstalent. Foto: Verskaf

In haar laerskooljare was haar skrifte dikwels gevul met tekeninge, iets wat haar nie net vreugde gebring het nie, maar ook gehelp het om beter te konsentreer. Met elke nuwe skets het haar vaardighede gegroei en haar passie vir kuns net dieper wortel geskiet.

Haar passie vir beeldende kuns kan ‘n mens in haar uitstekende uitslae tydens die Allegretto Eistedfodd en Gimmies Eistedfodd.

in 2026 het sy reeds met meer as 20 toekennings vir haar kunswerke weggestap. Dit sluit in A+++, A++ en A+-simbole. Hierdie prestasies getuig van haar volgehoue toewyding, kreatiwiteit en strewe na uitnemendheid.

Van Cindy se kunswerke

Sy is ook as die 2025 Junior Kultuurdogter by Ferdies aangewys. As kunstenaar werk met ‘n wye verskeidenheid mediums, waaronder potlood, pen, oliepastel, olieverf en beeldhouwerk. Elke medium bied vir haar ‘n nuwe manier om stories te vertel en haar kreatiewe visie uit te leef.

Cindy as vier-jarige besig om op haar pa se ou motor te teken. Foto: Verskaf

Ferdies noem dat hul baie trots op Cindy is en nie kan wag om te sien waar haar talent haar gaan neem nie.

Met haar oë stewig op die toekoms gerig, droom Cindy daarvan om eendag Animasie en beeldende kuns te studeer. Haar ambisie is om haar talent verder te ontwikkel en ‘n betekenisvolle bydrae tot die kunswêreld te lewer, terwyl sy steeds ander kunstenaars langs die pad bemagtig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button