SportSport

Netbal uit die boonste rakke by Noordwes-kampioenskappe

Beide Volkies en Gimmies se netbalspanne kompeteer teen Noordwes se bestes vandag op Volkies se bane.

Die Noordwes Skole Netbalkampioenskappe vind tans plaas by Hoër Volkskool Potchefstroom se netbalbane met meer as 20 skole wat teen mekaar vanuit verskillende distrikte deelneem.

Gimmies se o14A, o15A en o16A-spanne en Volkies se o15A en o16A-spanne neem vandag (Saterdag, 13 Junie) deel.

Die o15A-afdeling is deel van die Kay Motsepe netbalkampioenskappe.

Gimmies se o14A’s speel teen Harties, Curro Mahikeng en Choseng in Poel B. Gimmies se o15A’s is in poel D teen Rustenburg, Matlaisane en Khumosejo. Volkies se o15A’s speel teen Klipgat, Stella en Thuto Tsebo in poel A.

Gimmies se o16A’s is in poel A teen Vryburg, Boikakgong en Matlhaleng.

Foto’s: Wouter Pienaar

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button