Protes oor verhoogde taxipryse in Promosa
Ander redes vir die protes is dat sekere taxibestuurders nie lisensies het nie, asook swak dienslewering.
‘n Groep Inwoners van Promosa het vanoggend (3 Julie) die pad versper op die hoek van Bloemetjiestraat en Allen Hendrickse-laan (pad wat in Promosa vanaf Dassierand loop).
Die rede vir die protesaksie is glo die verhoogde taxipryse waar inwoners nou R25 per rit betaal in plaas van die vorige tarief wat R20 was.
Ander redes vir die protes is dat sekere taxibestuurders volgens die betogers nie lisensies het nie, asook swak dienslewering.
“Ons het nie ‘n taxistaanplek nie. As dit reën staan ons mense en nat word. Die taxibestuurders gee nie om nie,” het ‘n anonieme inwoner genoem.
Polisie en owerhede is op die toneel.
Die kanse is groot dat inwoners eers later by die werk sal arriveer weens die pad wat gedeeltelik versper is.
Die Herald sal meer inligting verskaf sodra dit bekend is.



