Local newsNewsNews

Lugskou gekanselleer ná strategiese besluit

Volgens die stigting gaan toekomstige lugskoue eerder in groter metropolitaanse gebiede aangebied word.

Die Smoke on… Go! Foundation het die Parys-lugskou, wat vir Sondag 19 Julie beplan was, amptelik gekanselleer.

In ‘n persverklaring wat op 2 Julie uitgereik is, sê die organisasie die besluit is ná deeglike oorweging geneem as deel van sy langtermynstrategie.

Volgens die stigting gaan toekomstige lugskoue eerder in groter metropolitaanse gebiede aangebied word waar ‘n groter bevolkingsdigtheid sterker korporatiewe ondersteuning en beter infrastruktuur groter geleenthede bied om die geleenthede volhoubaar uit te bou en ‘n hoë gehalte ervaring vir deelnemers, uitstallers, borge en toeskouers te verseker.

Die organisasie beklemtoon egter dat die besluit geensins ‘n weerspieëling is van Parys of sy lugvaartgemeenskap nie.

“Die entoesiasme en ondersteuning van die Paryslugvaartgemeenskap is deur die hele beplanningsproses baie waardeer. Ons bedank almal wat hul tyd, moeite en toewyding ingesit het en sien daarna uit om SuidAfrikaanse lugvaart deur toekomstige geleenthede te bly bevorder,” lui die verklaring.

Die Smoke on… Go! Foundation het verder bevestig dat al sy ander lugskoue regoor die land soos beplan sal voortgaan en nie deur die kansellasie geraak word nie. Besoekers word aangeraai om die organisasie se lugskoukalender te raadpleeg vir inligting oor toekomstige datums en bestemmings.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button