Local newsNewsNews

Twee mans met dagga van R64 000 in Potchefstroom vasgetrek

Lede van die polisie het die verdagtes in 'n bakkie op die N12 in Nelson Mandelarylaan voorgekeer.

Twee mans is in Potchefstroom in hegtenis geneem nadat die polisie op 61 kg dagga, met ‘n geskatte straatwaarde van R64 000, beslag gelê het.

Volgens kapt. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes, is die verdagtes, onderskeidelik 29 en 24 jaar oud, die oggend van 21 Julie in hegtenis geneem. Die 29-jarige is ‘n Suid-Afrikaner, terwyl die 24-jarige ‘n buitelandse burger is.

Myburgh sê die polisie se intelligensiespan het inligting ontvang oor ‘n beweerde dwelmsindikaat wat van Klerksdorp na Lesotho onderweg was. Lede van die polisie het die verdagtes in ‘n bakkie op die N12 in Nelson Mandelarylaan voorgekeer.

Tydens die deursoeking van die voertuig is 61 kg dagga gevind en gekonfiskeer, waarna die twee mans in hegtenis geneem is.

Die verdagtes het op 23 Julie in die Potchefstroom Landdroshof verskyn op ‘n aanklag van dwelmhandel.

Altesaam 61 kg dagga is gevind en gekonfiskeer. Foto: SAPS

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button