Local newsNewsNews

Kampustoneel wys talent by top 8 finaal

Dames- en manskoshuise sowel as slepe het uitstekende toneelstukke opgelewer wat die gehoor elke emosie denkbaar laat voel het.

As daar een ding is wat toneelkykers tydens die NWU Top 8-kampustoneelfinaal beleef het, was dit emosie in sy rouste, menslike vorm.

Dames- en manskoshuise sowel as slepe het uitstekende toneelstukke opgelewer wat die gehoor laat voel het. Dit was ‘n kyk na die hartseer, komedie en die waarheid wat in die tapisserie van die lewe verweef is.

Die top 3 toneelstukke en wenners sal in die komende week aangewys word. ‘n Groot prys is op die spel met ‘n geleentheid vir akteurs om hul toneelstuk om by Aardklop Pronk Podium tydens Aardklop opgevoer te word.

Die aand het begin met “Vasbyt”, ’n stuk met ’n roerende oorlogstema wat ’n staande applous gekry het. Die toneelspel was voortreflik, die dialoog eg en die drama op ’n mespunt. So ook tydens “Detensie”, waar komedie en die realiteite en druk van die lewe op ’n indrukwekkende en soms skokkende manier uitgebeeld word.

Foto’s: Wouter Pienaar

Die strewe na prestasie is ook in “In die Stilte van die Skaduwees” vasgevang, waar broederskap en vriendskap getoets word en jaloesie sy lelike kop uitsteek.

“Pa” was ’n rou en diep kyk na huislike omstandighede, waar die gebrek aan ouerfigure op die voorgrond tree. ’n Bitter skemerkelkie van drankmisbruik, geweld en mishandeling word effektief uitgebeeld en opgebou, met die klimaks wat jou soos ’n vuishou in die maag tref.

“Skoon Gewete” skep ’n ligter en meer komiese ondertoon met ’n kyk na vriendskap, omgee en die realiteite van die lewe by ’n wassery. Hierdie stuk het ’n nodige vorm van lawwigheid en humor gebring. So ook “Vyf”, wat die skoollewe uit die oogpunt van tieners en hul ouers op ’n komiese wyse uitbeeld, met die akteurs wat verskillende karakters uitstekend vertolk.

“My Planeet” was ’n roerende stuk waar twee karakters se verhouding en menswees tot die uiterste getoets word. Die gebruik van rekwisiete was ook puik en het die storie meer lewe en verbeelding gegee.

Die aand is met “’n Storie van ’n Koor” afgesluit, waar koorlewe op ’n komiese en menslike wyse uitstekend uitgebeeld word. Weereens was die toneelspel en die gebruik van verskillende tipes koorstereotipes baie goed vasgevang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button