SportSport

Volkies oorrompel Merensky

Die eerstespan het met 35-10 oortuigend teen Merensky gewen.

Dit was ‘n goeie dag vir Hoër Volkskool Potchefstroom op hul tuisveld toe hul drie uit vier van die A-wedstryde teen Merensky in Noorvaal Virsekerbeker oorkruis Bowl-wedstryde gewen het.

Die eerstespan het met 35-10 oortuigend teen Merensky gewen. Hulle het teveel skietkrag vir die besoekers van Tzaneen gehad.

Raynard de Klerk, Wian Victor, Johannes Lombard, Kyle Hattingh en Handro Jacobs het vir Volkies gedruk. De Klerk het ook vyf doelskoppe oorgesit.

Ander uitslae:

o14 A: Volkies 22 – 38 Merensky

o14 B: Volkies 24 – 5 Merensky

o15 A: Volkies 20 – 0 Merensky

o15 B: Volkies 12 – 27 Merensky

o16 A: Volkies 39 – 20 Merensky

o16 B: Volkies 17 – 10 Merensky

Derdes: Volkies 34 – 20 Merensky

Tweedes: Volkies 35 – 34 Merensky

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button