Local newsNewsNews
Groot veldbrand breek uit buite Potch op R53
Die brandweer, weermag, Potchefstroom Brand Beskermingsvereniging en ander rolspelers is tans op die toneel is om die brand onder beheer te bring.
Daar het vanmiddag omstreeks 16:00 ‘n massiewe veldbrand op die Ventersdorp-pad (R53) uitgebreek.
Die brand het ongeveer 2 kilometer uit Potch begin in die omgewing van die Daly’s se plaas. Die brandweer, weermag, Potchefstroom Brand Beskermingsvereniging en ander rolspelers is tans op die toneel om die brand onder beheer te bring.


Rookwolke kan vanuit die middestad van Potch waargeneem word. Motoriste word gemaan om versigtig op die pad te ry en ligte aan te skakel weens die rook wat sigbaarheid erg belemmer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



