Local newsNewsNews

Perde-akademie bedank gemeenskap ná veldbrand

Volgens die akademie het al die spanne vir lang ure onverpoos gewerk om die brand onder beheer te bring.

Die bevelvoerder van die SAPD-ruitersakademie het haar opregte dank uitgespreek teenoor die talle nooddienste, boere en organisasies wat gehelp het om ‘n verwoestende veldbrand naby die akademie onder beheer te bring.

Die brand het Vrydag, 24 Julie, op ‘n aangrensende perseel langs die Ventersdorppad uitgebreek. Weens sterk wind het die vlamme vinnig versprei en die terrein van die ruitersakademie bereik.

Volgens die SAPD se ruitersakademie, sou die brand nie sonder die samewerking van verskeie rolspelers onder beheer gebring kon word nie.

“Ons wil deur die media ons opregte waardering uitspreek teenoor almal wat gehelp het om die brand te bestry. Danksy die samewerking en onbaatsugtige hulp van al die betrokkenes is geen lewens of eiendom in die brand verloor nie,” het die akademie gesê.

Die betrokkenes sluit die plaaslike brandweer, die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) se branddienste, omliggende boere, die Noordwes-Universiteit se Brandvoorkomingseenheid, die North West Fire Protection Association, ALS Plant Hire en lede van die SAPD se ruitersakademie se brandspan in.

Volgens die akademie het al die spanne vir lang ure onverpoos gewerk om die brand onder beheer te bring.

Die waarnemende provinsiale hoof van Korporatiewe Kommunikasie en Skakeldienste in die Noordwes, kolonel Adéle Myburgh, het gesê dit is moeilik om elke persoon individueel te bedank omdat soveel boere en gemeenskapslede spontaan opgedaag het om te help.

“Boere van oral het ingespring en kom help. Dit is moeilik om elkeen individueel te bedank, want ons weet nie eens wie hulle almal was nie. Daarom wil ons deur die media ons opregte dank en waardering uitspreek aan elke persoon wat ‘n bydrae gelewer het,” het Myburgh gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button