Local newsNewsNews

Potchefstroom Kinderfees 2026 is om die draai

Dit is heeltemal gratis! Al wat nodig is, is om vooraf te registreer.

Wat maak ons met die kinders tydens die kort Oktober-vakansie? Hulle kan mos nie die hele vakansie voor die TV lê nie.

Gelukkig is daar ’n baie lekker plan vir Potchefstroom se jongspan. Die Potchefstroom Kinderfees is terug en vanjaar word kinders van Graad R tot Graad 7 weer vir ’n week vol pret, kreatiwiteit, speel en leer genooi.

Die Kinderfees, wat vanjaar reeds vir die negende keer aangebied word, vind van 28 September tot 2 Oktober by die Gereformeerde Kerk Potchefstroom-Oos in Paryslaan plaas.

Dit is ’n spesiale fees waar kinders sommer net kinders kan wees. Hulle kan speel, nuwe dinge ontdek, kreatief wees, leer en natuurlik hope pret hê.

En die beste nuus vir Mamma en Pappa? Dit is heeltemal gratis! Al wat nodig is, is om vooraf te registreer.

Kinders wat al voorheen die Kinderfees bygewoon het, word hartlik uitgenooi om weer saam te kom feesvier en natuurlik word hulle aangemoedig om vanjaar sommer ’n nuwe maatjie saam te bring.

Verversings en ’n ligte middagete word gedurende die fees verskaf.

Ouers, neem asseblief kennis van die tye:

  • Aflaai: vanaf 07:00
  • Program begin: 08:00
  • Oplaai: 13:00 tot 13:30

Die Kinderfees is ’n gulde geleentheid om die kinders gedurende die skoolreses besig, gelukkig en vermaak te hou en dalk sommer ’n paar nuwe maatjies en vaardighede op die koop toe te kry.

Moet dit dus nie misloop nie. Registreer vandag nog en maak gereed vir ’n week vol kinderpret.

Meer inligting en die inskrywingsvorm is beskikbaar by www.oosdoppers.co.za.

Vir navrae kan Engela by 082 556 7806 of die kerkkantoor by 067 713 2332 gekontak word.

Die kerkkantoor is weeksdae van 08:00 tot 13:00 oop. E-pos: kerkkantoor@oosdoppers.co.za.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button