Potchefstroomse hoërskole se top skyfskiet presteerders is in verskeie Noordwesspanne ingesluit en as kapteins in van die spanne aangewys.
Gimmies se Hailey Nagel en Casper Badenhorst is onderskeidelik as die NW dogters en seunskapteins aangewys.
Verdier is Henry Jacobs, Jané du Plessis, Creston Lloyd, Brigitte Puttkammer, Gerhard Engelbrecht, Zanté Jooste, Mienke Storm en Anja Saaiman ook in Noordwesspanne ingesluit. Saaiman is ook as die beste skut van die jaar aangewys en palm vyf trofeë in.
By Volkies is Linè Heenop, Johan Jacobs, Mnr Herman du Plooy (afrigter), Wian van Rensburg (afrigter) Juan Julyan, Lohan Bothma, Wihan Holtzhauzen, Eugene Alt, Pieter Botha, Estie Meyer, Christoff van der Merwe en Diederik Hattingh in die Noordwesspanne ingesluit.

Ferdies se Ethan Warren maak ook sy skool trots en blink uit met ‘n persoonlike beste telling van 749 tydens die NW-uitdunne.



