Ferdies se goue perderuiter, Caelee Johnstone, samel nie net eerste plekke in nie, maar doen dit ook konsekwent vir die afgelope 11 jaar in haar SANESA-loopbaan.
Caelee het op 14 en 15 Augustus 2026 aan die SANESA Nasionale Kampioenskappe deelgeneem en haar skool en provinsie met trots verteenwoordig.
Caelee is die dubbele SA Kampioen in Vlak 5 – 3-gang Performance & Ruiterkuns sowel as Vlak 7 – 5-gang Performance & Ruiterkuns.

Sy is ook die SA Reserwekampioen in Vlak 4 – 3-gang Mini Rail Canter Performance en behaal ‘n derde plek in Vlak 7 – 3-gang Ruiterkuns.
Caelee en haar perde se uitstekende prestasies het verder daartoe bygedra dat Hoërskool Ferdinand Postma die trofee vir 2de plek op die algehele Hoërskole-punteleer verower het.

In 2025 het Caelee alreeds die sade vir haar pretasies in 2026 geplant. Sy het drie eerste plekke en ‘n tweede plek behaal. Dit sluit in SA kampioen Show Hack Vlak 5 met Doorndraai Black Hector, SA kampioen Western Pleasure Vlak 5 met Doorndraai Black Hector en SA kampioen 5 Gang Ruiterkus Vlak 7 met One and Only Joe Silver. Sy ontvang toe ook ‘n trofee vir ‘n Dekade Ruiter en so ook haar Blazer baadjie met koord en haar 10 jaar balkies.



