Local newsNewsNews
Verskeie sterftes in gru-ongeluk op N12
Volgens beskikbare inligting is daar vier mense oorlede.

Daar was vanmiddag (Woensdag, 26 Augustus) omstreeks net na 17:00 ‘n groot motorongeluk op die N12 in die rigting van Johannesburg waarin daar glo volgens beskikbare inligting vier mense oorlede is.
Die ongeluk het naby Lekwena Lodge plaasgevind ongeveer 15km buite Potch.

Dit is nog onseker presies hoe die motorongeluk gebeur het. Die pad is omstreeks 17:45 gesluit en is omstreeks 21:30 weer vir verkeer oopgemaak.
Alle noodpersoneel, polisie en beamptes was ook op die toneel.
Sodra die Herald meer inligting het sal die berig opgedateer word.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



