Bekende verkeersbeampte se sterfte los ‘n groot leemte
Sy skielike afsterwe is 'n groot skok vir sy gesin, familie, gemeenskap en sy kollegas wat hom as 'n vaderfiguur en mentor gesien het.
Een van Potchefstroom se bekende gesigte in openbare veiligheid en lid van provisiale verkeer, Francois Pieters, is gister (Saterdag, 5 September) op 63-jarige ouderdom oorlede.
Sy skielike afsterwe is ‘n groot skok vir sy gesin, familie, gemeenskap en sy kollegas wat hom as ‘n vaderfiguur en mentor gesien het.
Francois, vir baie na aan hom bekend as “oom Cois” was gereeld te sien op sy motorfiets. Hy was ‘n man van God wat lief vir die Here was en ‘n absolute legende was vir sy gesin.

“Sommige mense beweeg stilweg deur ons lewens, terwyl ander voetspore agterlaat wat nog lank ná hul vertrek bly. Francois was een van daardie mense. Sy teenwoordigheid, sy karakter en die oomblikke wat hy met diegene rondom hom gedeel het, sal deel bly van die herinneringe van ons gemeenskap,” noem Potchefstroom First Responders op hul Facebookblad.
Dit is nog nie aan die Potchefstroom Herald bekend wat die rede vir sy afsterwe is nie.
Potchefstroom Herald betuig medelye aan sy familie, vriende en elkeen wie se lewe hy aangeraak het,



