Local newsNewsNews
Groot ongeluk op die N12 laat verkeer stilstaan
Die pad is in albei rigtings versper.
‘n Motorongeluk het vanmiddag (Sondag, 6 September) op die N12 ongeveer 30 kilometer vanaf Potchefstroom in die rigting van Carletonville plaasgevind.
Die pad is in albei rigtings versper. Dit is nog onseker wat die omvang van die motorongeluk is en hoeveel voertuie betrokke is.
Die ongeluk het in die rigting van 15:30 vanmiddag plaasgevind. Dit is die soveelste groot ongeluk op die N12 in die laaste twee weke.
Alle owerhede is tans op die toneel.
Verkeer word tans na die Vereenigingpad herlei. Daar is groot vertragings tans in die verkeervloei.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



