Local newsNewsNews

Man op fiets (63) sterf nadat hy onder trok beland

Hierdie ongeluk het gistermiddag op die hoek van Govan Mbeki-rylaan en Du Plooystraat plaasgevind. 'n Saak van strafbare mansslag word ondersoek.

Die Potchefstroom-polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag nadat ‘n man op sy fiets laat gistermiddag (Woensdag, 9 September) op die hoek van Govan Mbekilaan en Du Plooystraat doodgery is.

Die ongeluk het omstreeks 17:30 plaasgevind. Aangesien dit in ‘n besige deel van die stad gebeur het, het talle motoriste verby die toneel gery. Nooddienste en owerhede was vinnig op die toneel.

‘n Potchefstroomse inwoner, Franz Blume, sê hy was ‘n paar minute nadat die ongeluk gebeur verby die toneel. Hy het gesien wat gebeur het en toe besluit om motoriste oor die aard van die ongeluk te waarsku.

“Ek wou motoriste met kinders in die voertuig probeer waarsku dat die kinders nie sien wat ek gesien het nie. Die beelde daarvan is vasgebrand in my geestesoog,” noem hy.

Volgens die Noordwes-polisiewoordvoerder, kol. Adele Myburgh, het die 63-jarige man onder ‘n trok met twee sleepwaens beland. Die man is op die toneel dood verklaar.

Die polisie en ander owerhede was ‘n paar ure op die toneel, waar hulle die ongeluk ondersoek het. Motoriste moes alternatiewe roetes gebruik terwyl die ongelukstoneel nog afgespan was.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button