Local newsNewsNews

Eerste vir Alles gaan die huwelik met humor by Aardklop uitbeeld

Twee van ons land se gedugste storievertellers span kragte saam by Aardklop vanaf 29 September om die oorspronklike power couple te vertolk.

Eeue nadat hulle uit die paradys gesmyt is, besin Adam en Eva oor die huwelik.

Kyk hier, dit was nie maklik om die proto-paartjie te wees nie, hoor? Alles moes vir die eerste keer uitgepluis word: liefde, kinders en huishou.

Nou dat die laatlammetjie die huis verlaat het, het Adam en Eva weer binnekort net mekaar vir geselskap. Sien hulle kans vir nog ’n 100 jaar saam, en sal hulle sondes hulle ontsien? Ná baie goed en kwaad het Adam en Eva vir oulaas ’n appeltjie met mekaar te skil.

Twee van ons land se gedugste storievertellers span kragte saam by Aardklop van 29 September tot 4 Oktober om die oorspronklike power couple te vertolk. Dit is ’n klassieke geval van “he said, she said”.
Eva (Meyer-Rödenbeck), ’n gefrustreerde kunstenaar, kry uiteindelik ’n beurt om haar kant van die storie te vertel – die liefde en leed van die eerste moeder en huisvrou.

Adam (Opperman) glo ook nie hy het dit maklik gehad nie. Die handboek vir menswees is eers ná sy tyd geskryf.
Eerste vir Alles is ’n romantiese komedie oor ou bene wat saam oud word, veral as een die ander ’n ribbebeen skuld.

Aardklop datums:

29 September om 19:00
30 September om 13:00
1 Oktober om 16:30
3 Oktober om 16:00
Plek: Potchefstroom Gimnasium
Met: Frank Opperman & Margit Meyer-Rödenbeck.
Teks en regie: Wessel Pretorius
Verhoogbestuur: Wicus Louw

Kry kaartjies hier

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button