Local newsNews

ROUX is aan die brand met nuwe enkelsnit “Zippo”

Hierdie liedjie vra dit vraag oor of dinge anders sou uitdraai as die liefdesvure nie geblus is nie. Sou die "spark" nog daar wees?

Die Potchefstroomse liedjieskrywer en musikant, ROUX, is terug met ‘n splinternuwe enkelsnit “Zippo” wat ‘n storie vertel van verlore liefde en herinneringe wat met ‘n Zippo-aansteker gepaard gaan.

In “Zippo” vertel ROUX ’n verhaal met sy musiek en lirieke wat die luisteraar op ‘n visuele reis neem met verskeie beelde soos “Jy’t jou naam op hom grafeer, net ‘n briefie gelos. Hom deur die tuinhek gepos.”

‘n Ander treffende liriek wat wys op ‘n ander tydperk en hoe mense verander en aanbeweeg is in die tweede vers:

“En nou rook ek nie eers meer nie

Daai pakkie net so gelos

Dis nie die reuk of die gewoonte

Dis jou rook in my”

Die lied het ‘n warm gevoel met akoestiese en elektriese kitaar wat energie bring saam met dromme in die koor wat die lied goed afrond.

Soos gewoonlik het ROUX weer sy vaardigheid gewys om ‘n koor te skryf wat beide betekenisvol is met ‘n melodie wat in jou kop vassit:

“Want jy’t gesê dat as dit donker raak, En die venster kraak en die monsters onder die bed wil uit en die deure sluit en jy dink dis tyd om aan te beweeg.

Sal ek by jou bly totdat jy daai zippo kry en sê jys lief vir my. Sê jy is lief vir my.”

“Zippo” is beskikbaar hier aanlyn

ROUX kan ook hier op sosiale media gevolg word

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button